Gids kry liggaam van vermiste skiër na 22 jaar op gletser

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vermiste Duitser se liggaam na 32 jaar op Switserse gletser gevind

TIROOL, OOSTENRYK. – Die liggaam van ‘n skiër wat na bewering in 2001 vermis geraak het, is in Tirool, Oostenryk op ‘n gletser gevind.

‘n Berggids het verlede week op die liggaam afgekom. ‘n Rugsak met ‘n bankkaart en lisensie was naby die liggaam. Die skiër was glo van Oostenryk en was 37 jaar-oud toe hy verdwyn het. DNS-toetse word uitgevoer om sy se identiteit te bevestig.

Daar word vermoed die man, wat ski-toerusting by hom gehad het, het in 2001 omgekom na ‘n ongeluk op die gletser.

Bronne: BBC, The Star, The Straits Times

Lees ook: Vermiste Duitser se liggaam na 32 jaar op Switserse gletser gevind