OOS-KAAP. – Ses nooddienswerkers met beweerde vals matrieksertifikate het vandag op verskeie klagtes, ondermeer bedrog en vervalsing, in die Zwelitsha-landdroshof voorgekom. Elkeen is op R5 000 borg vrygelaat en die saak is tot 11 September vir verhoorreëlings uitgestel.
Kapt. Yolisa Mgolodela sê die ses met verskeie “kwalifikasies” – Palesa Patient Molekane (46), Nonceba Maggie Mpelwane (54), Ntombizodwa Precious Sibidla(43), Lebuhang Eunice Raisa – Busakwe (47 ), Sicelo Michael Sonjica (49), en Sempe Johannes Mohare (42) – is Maandag 21 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem.
Na bewering het hulle met vervalste sertifikate vir poste in die Oos-Kaap aansoek gedoen. Hulle het ‘n kortlys gehaal, waarna hulle onderhoude gehad en op 8 April 2015 begin werk het.
Volgens ‘n verklaring van AO Ndiphiwe Mhlakuvana is die ses op 24 Maart 2022 gevra om hulle oorspronklike sertifikate in te dien. Die sertifikate is geverifieer en daar is gevind die matrieksertifikate is vervals.
Die saak is na die Valke verwys. Die departement van gesondheid het in die proses R7,9 miljoen skade gelei.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



