MUSGRAVE, KZN. – Die publiek word deur ‘n video-opname op Facebook gemaan om waaksaam te bly.
KZN VIP Protection Services sê die voorval het gistermiddag buite ‘n winkel in Musgrave plaasgevind.
In die video staan ‘n wit voertuig skeef in die straat geparkeer. ‘n Vrou kom by ‘n winkel uit, waarna ‘n man haar gryp en haar besittings van haar probeer vat.
Hulle stoei om beheer, waarna hulle op die sypaadjie val en omstanders vanuit die winkel die vrou te hulp snel en die vermeende verdagte met van die omstanders agterna, na die wagtende voertuig vlug.
Die verdagte slaag daarin om in die wit voertuig te spring, wat dan wegry. Dit is nie duidelik of hy daarin geslaag het om van die slagoffer se besittings te buit nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



