KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Twee polisielede verbonde aan die blitspatrollie in Kimberley is vanoggend 22 Augustus 2023 noodlottig gewond.
Brig. Mahay Gamieldien sê die lede het inligting van ‘n beweerde gesteelde Transnet-bakkie wat van Bloemfontein af op pad was opgevolg.
Die voertuig is in Kimberley opgemerk, waarop die twee polisielede reageer het. Dit is in die Transnet-gronde in gevolg waar dit gestamp is. Die verdagte het te voet gevlug met die lede agterna. Hy het op hulle geskiet waartydens beide noodlottig gewond is.
Die gewapende verdagte het verder te voet gevlug.
Lt.genl. Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris, het alle polisielede gemobiliseer om na die verdagte te soek.
Die verdagte (38) is in hegtenis geneem. Hy sal vir moord aangekla word en binnekort in die hof verskyn.
Inwoners is vroeër vandag met verskeie stemnotas gewaarsku om van die Diamond Pavilion Mall weg te bly.
FiND iT, wat in besit is van die stemnotas en verskeie video-opnames, kon dadelik dringende waarskuwings uitreik.
FiND iT het vroeër soos volg berig:
BREKENDE NUUS: Vermeende aanvaller brand los op polisielede in Kimberley
KIMBERLEY. – Chaos het vanoggend by die Diamond Pavilion Mall in Kimberley uitgebreek nadat ’n aanvaller – wat luidens beweringe ’n aanvalswapen by hom het – losgebrand het op polisielede. Twee polisielede is volgens bronne na aan FiND iT doodgeskiet.
Luidens ’n stemboodskap wat op die Scorp Security aangestuur is, is die Diamond Pavilion Mall afgesper en lede van die gemeenskap word aangeraai om versigtig te wees.
Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê dit is nie duidelik of die aanvaller(s) steeds in die mall is nie.
FiND iT het ’n navraag by die polisie ingesit.
Dit is ’n ontwikkelende storie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



