Man skuldig bevind aan moord oor WhatsApp en eksamen

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sam Asghari skei Britney Spears glo na sy ‘messe teen die mure gooi’

JOHANNESBURG. – ’n Man (29) is Vrydag in die Suid-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Mbali Hlongwane na ’n argument oor ’n WhatsApp-status en eksamen.

Ntsikelelo Saki en Hlongwane was albei studente by die Ekurhuleni-Wes-kollege in Kathlehong. Saki het Hlongwane daarvan beskuldig dat sy ‘n video van hom geneem het waar hy sy blaas leegmaak by ‘n taverne en dit op haar WhatsApp-status gesit het.

Hulle het ook baklei na Hlongwane op die WhatsApp-groep gedeel het dat sy vir ‘n eksamen gekwalifiseer het waarvoor Saki nie gekwalfiseer het nie.

Saki het 25 Oktober 2021 na die kampus gegaan waar Hlongwane eksamen geskryf het en haar by die hek met ‘n mes ingewag.

Ander studente het Hlongwane gewaarsku oor hom, maar sy het steeds saam met hom gegaan om te praat. Hy het haar twee keer in die rug gesteek toe sy wou loop en toe sy omdraai, het hy haar twee keer in die bors gesteek.

Saki het na Kaapstad gevlug waar hy in hegtenis geneem is.

Bronne: IOL, News365, The Pink Brain

Lees ook: Sam Asghari skei Britney Spears glo na sy ‘messe teen die mure gooi’