Man gesoek wat glo vroulike familielede doodskiet, vrou en kind wond

Deel hierdie storie / Share this story

MAGATLE, ZEBEDIELA, LIMPOPO. – ‘n Sekuriteitsbeampte het Saterdag 19 Augustus 2023 omstreeks 19:00 in die Makgophong-woonbuurt glo twee vroulike familielede doodgeskiet en sy vrou en eenjarige kind kritiek gewond.

Kol. Malesela Ledwaba sê dié voorval in Vrouemaand word sterk veroordeel. Die verdagte word deur Magatle-polisie gesoek.

Na bewering was die paar van mekaar vervreem. Die man het Saterdag gebel en is na sy vrou se huis waar die vier slagoffers, gereed om te ry, in die familievoertuig was. Die man het glo op hulle geskiet en daarna gevlug.

Nooddienste en die polisie is verwittig en die vier slagoffers is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar die niggie (39) en suster (29) wie se identiteit nog nie bekend is nie, gesterf het. Die vrou en eenjarige is kritiek gewond.

Die motief vir die insident is onbekend, mar die polisie ondersoek twee moordsake en twee sake van poging tot moord.

Enigiemand met inligting kan kapt. Malekutu Phasha by 082 445 9614 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel