Foto: Rachel Kolisie Facebook-blad Die Kolisi’s se groot trek Parys toe het plaasgevindWanda OlivierAugust 21, 2023Afrikaans, Bekendes, Internasionaal, Suid-Afrika, Tuis Deel hierdie storie / Share this story Siya Kolisi, Springbok-kaptein, sy vrou Rachel en hul kinders het Frankryk toe verhuis. Rachel het die naweek video’s en foto’s van ‘n “vaarwel-kuier” asook van haar en die kinders op die lughawe en natuurlik uit Frankryk, ná die trek, op sosiale media gedeel. Hulle voorneme om ná die Wêreldbeker te verhuis, is vroeër vanjaar op die Kolisi Foundation se webtuiste aangekondig. Rachel het ook op 23 Julie ‘n foto op sosiale media geplaas waarby sy gesê het dit was hulle laaste bywoning van ‘n diens by hulle kerk in Ballito. Siya gaan by Racing 92 in Parys aansluit. Hy het sy onderteuners in sy amptelike verklaring bedank en gesê hy sien uit daarna om meer tyd saam met sy gesin deur te bring. Die paar, wat onlans sewe jaar getroud is, gaan hulle werk vir die Kolisi Foundation in beide lande voortsit. Rachel het intussen gesê sy en die kinders sal Dinsdag met ‘n trein na Londen reis, waarna hulle by Siya gaan aansluit. Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel Previous Post SARB spreek Ramaphosa vry oor Phala Phala Next Post Gebruik jy ‘n gasbraaier of kole?