Kyk: Gedenkdiens van Ryder Kossatz by skool gehou – vermis ter see

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Ryder Kossatz (17) is op Woensdag 9 Augustus 2023 by Llandudno-strand van rotse deur die see meegesleur. Hy is steeds vermis.

NSRI het gevra daar moet vir ‘n pienk reddingsboei opgelet word in die moontlikheid om hom op te spoor.

Wynberg Boys’ High School het op Vrydag 18 Augustus ‘n gedenkdiens vir Kossatz wat baie gewild en geliefd was, gehou.

Die gedenkdiens kan in die YouTube-video hier bo in die berig gesien word.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

WES-KAAP. – Ryder Kossatz (17) ‘n gr.-11-leerling aan Wynberg Boys High, is Woensdag 9 Augustus 2023 by Sandy Bay se parkeerarea in Llandudno deur seestrome meegesleur. ‘n Pienk reddingsboei is vir hom gegooi.

Die NSRI vra daar moet vir die pienk reddingsboei, veral tussen Kamps- en Houtbaai waar hy moontlik kon uitspoel of steeds dryf, uitgekyk word. Dit lyk asof Kossatz nie betyds die reddingsboei kon haal nie. Indien die reddingsboei opgespoor word, kan dit bystand verleen om Kossatz op te spoor.

Kossatz was saam met vriende op rotse in vlak golwe toe hy glo deur ‘n golf van die rotse gevee en meegesleur is.

Lees die skool se plasing hier onder:

A Memorial Service will be held at Wynberg Boys’ High School on Friday, 18 August 2023 at 11h30, to remember our brother-in-an-endless chain, Ryder Kossatz, who was tragically washed off the rocks at Llandudno Beach on Wednesday, 9 August 2023.

While the Service will be for WBHS students and staff to pay their respects, Ryder’s family, their close friends, and special guests will join us. Friends and parents from our greater Wynberg community are welcome to attend: RSVP via the following link is essential for seating purposes: https://forms.office.com/r/bJDE5aC7AC

The event will be live streamed at 11h30 on Friday 18 August 2023: https://bit.ly/WBHS23-InMemoriam-RyderKossatz

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel