Wettige optog in Mosselbaai verloop vreedsaam

Deel hierdie storie / Share this story

MOSSELBAAI. – ‘n Wettige optog wat vanoggend vanaf 09:00 in Mosselbaai plaasgevind het, het vreedsaam verloop. Die munisipaliteit het deurentyd sy inwoners oor die situasie ingelig gehou. Inwoners is in kennis gestel van verkeersontwrigtings waar paaie tydelik gesluit is.

Inwoners was van moontlike verkeersontwrigting en paaie wat tydelik gesluit sou word ingelig. Ongeveer 40 taxi’s is verwag wat bejaardes met die optog sou bystaan.

Die ongeveer 1 000 optoggangers was onderweg om ‘n memorandum aan Mosselbaai-munisipaliteit in Marshstraat te oorhandig. Hulle is deur die polisie begelei en van ‘n beheersentrum op CCTV gemonitor.

Die optog was fisies deur polisie, munisipale wetstoepassers en verkeersdienste, sowel as lugondersteuning, gemonitor. Geen insidente is gerapporteer nie.

Optoggangers het die munisipale kantore om 10:55 bereik en die memorandum oorhandig, waarna die optog reeds om 12:00 in plaas van 13:00, die beplande tyd, gefinaliseer is. Optoggangers het uit mekaar beweeg, maar wetstoepassers sal steeds die situasie monitor.

Patrollies sal plaasvind en die JOC-insident-beheerkamer sal operasioneel bly.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel