Vrou tref pale met motor na slegte nuus

Deel hierdie storie / Share this story

BRINDHAVEN, KZN – ‘n Bejaarde vrou (72) het met haar voertuig teen twee pale vasgery en teen ‘n wal tot stilstand gekom na sy na wat verneem word ontstellende nuus van ‘n familielid se afsterwe verneem het.

Reaction Unit South Africa was om 12:32 op die toneel. Die vrou was op die punt uit haar oprit te ry toe sy versnel het terwyl haar voertuig nog in trurat in plaas van drive was.

Bure wat die insident sien gebeur het, het haar uit die voertuig gehelp. Sy het geen beserings opgedoen nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel