GQEBERHA. – Ses persone is Sondagaand 13 Augustus 2023 omstreeks 17:40 in ‘n ongeluk op die N2 Stormsrivier dood toe ‘n Mini Cooper en Toyota Rav4 reg van voor teen mekaar gebots het.
Kol. Priscilla Naudu sê die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag. Die Mini Cooper het in die rigting van die Wes-Kaap gereis en die Toyota Rav4 in die rigting van die Oos-Kaap. Met impak het die Mini Cooper gerol en aan die brand geslaan, waartydens al die insittendes gesterf het.
Die man en vrou in die Rav4 is toeriste van Dubai en het geringe beserings opgedoen.
Die oorledenes van Kwazakele was die bestuurder Sondile Patrick Sister (38), drie vroue Noyakhe Regina Heleni (71), Thembela Heleni (51), Zikhona Heleni (27) en twee seuntjies Kungane Heleni (3) en Azingce Heleni (1).
Lucky Flepu-Revive het ‘n Facebook-plasing oor die ongeluk gemaak. Hy het ‘n foto geplaas en verduidelik hoe hy die insittendes in die brandende voertuig te hulp gesnel het om te help, maar weens die vuur nie kon nie. Sy plasing is reeds 1 300 keer gedeel en het meer as 1 700 kommentare ontlok.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



