Donald Trump in Georgia aangekla oor 2020-verkiesing

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump en vriend Walt Nauta pleit onskuldig op nog aanklagtes

GEORGIA, VSA. – Die voormalige president Donald Trump is vandag aangekla van rampokkery (racketeering) en verskeie ander misdrywe wat verband hou met die 2020-verkiesing.

Dit is die vierde saak wat vanjaar teen Trump gemaak is en kan die eerste verhoor van ‘n voormalige president wees wat op televisie uitgesaai word.

Trump word in Georgia op 13 aanklagtes aangekla saam met 18 medepligtiges. Hulle word aangekla oor Trump se pogings om die uitslag van die verkiesing om te draai sodat Trump aan bewind kon bly.

Trump en sy medepligtiges het tot 25 Augustus 12:00 om hulself aan die owerhede te oorhandig.

Bronne: The Guardian, The Citizen, Daily Maverick

Lees ook: Donald Trump en vriend Walt Nauta pleit onskuldig op nog aanklagtes