Donald Trump en vriend Walt Nauta pleit onskuldig op nog aanklagtes

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Twitter beboet in verband met saak teen Donald Trump

FLORIDA, VSA. – Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump en sy vriend Walt Nauta het onskuldig gepleit in die strafregtelike saak wat verband hou met die hantering van geklassifiseerde dokumente.

Trump het glo geklassifiseerde dokumente na sy presidensie geneem en daar gehou.

Dit volg na Jack Smith nog aanklagtes verbind aan die saak teen hulle gebring het.

Die aanklagtes hou verband met beskuldigings dat Trump, Nauta en Carlos De Oliveira saamgesweer het om die gereg teen te staan deur beeldmateriaal relevant tot die saak weg te steek.

Die verhoor sal in Mei 2024 begin.

Bronne: Bol News, BBC, Forbes

Lees ook: Twitter beboet in verband met saak teen Donald Trump