GQEBERHA. – ‘n Vrou se lewelose liggaam is Saterdag 12 Augustus 2023 omstreeks 20:30 in Boekenhoutstraat in Algoapark in ‘n plas bloed gevind. ‘n Man se liggaam het in die badkamer gehang.
Kol. Priscilla Naudu sê polisie het die deur gebreek om toegang tot die huis te kry nadat ‘n bekommerde vriend laat weet het die oorledene kan moontlik in gevaar wees. Die vrou het verskeie steekwonde gehad.
Die polisie ondersoek sake van moord en doen ‘n geregtelike doodsondersoek. Persone wat hulp nodig het, word gevra om hulp te soek. Die volgende nommers kan gebel word:
Akeso Crisis Helpline – 0861 435 787
Love Life – 0800 121 900
SADAG – 0800 567 567
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



