Kêrel as verdagte vir meisie se moord in 2021 in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Earl Billet (26) is op 9 Augustus 2023 as verdagte vir die moord op sy meisie Janine Brazella Nazzle (28) op 24 Januarie 2021 in ‘n woonstel in Silveroakstraat in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu sê na bewering het Billet die betrokke aand omstreeks 22:00 ‘n boodskap van Nazzle ontvang om na hul kind om te sien. Hy het glo huis toe gehaas en haar in hul woonstel, waar sy van ‘n deurraam gehang het, gevind.

Die polisie het aanvanklik ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer, maar soos wat die ondersoek gevorder het, is die saak na moord verander en Billet is in hegtenis geneem. Hy het in New Brighton-landdroshof verskyn en het R2 000 borg ontvang. Die saak kom later die maand weer voor.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel