Kinderverkragter met lang vonnis uit samelewing verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

HARTENBOS. – ‘n Man (46) is Donderdag 10 Augustus 2023 in die Oudtshoorn-streekshof met ‘n vonnis van 90 jaar tronkstraf uit die sameleweing verwyder nadat hy skuldig bevind is aan verkragting en seksuele aanranding.

Sers. Christopher Spies sê Mosselbaai GKS het ‘n saak ondersoek waarvan die slagoffers, onderskeidelik 10 en 11 jaar oud, oor ‘n tydperk tussen 2014 en 2019 deur ‘n familievriend in hul huis verkrag en seksueel aangerand is.

Nadat die slagoffers se ma die sake by die polisie aangemeld het, is die verdagte in hegtenis geneem. Hy is op ses klagtes skuldig bevind en is tot 90 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan 20 jaar gelyktydig op klag 3 en 5 uitgedien sal word.

Hy is 25 jaar gevangenisstraf vir elk van drie klagtes van verkragtings opgelê, asook vyf jaar elk vir drie klagtes van seksuele aanranding. Effektief is hy tot 70 jaar in die gevangenis gevonnis.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel