Lees ook: Lil Tay bevestig sy lewe nog
KAMHLUSHWA, MPUMALANGA. – Lede van die Enlightened Christian Gathering (ECG)-kerk is Saterdagaand deur gewapende mans beroof.
Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, het gesê tien kerklede het bymekaargekom vir ’n nagdiens en terwyl hulle vir die ander lede gewag het, het drie gewapende mans die kerk bestorm.
Die rowers het ’n onbekende bedrag geld gesteel, asook 14 selfone, bankkaarte en ’n VW Polo Vivo wat later sewe kilometer van die kerk af gevind is.
Die polisie is besig om die saak te ondersoek.
Bronne: IOL, News24, Sowetan LIVE
Lees ook: Lil Tay bevestig sy lewe nog



