Lees ook: Britse dokter koelbloedig in Kaapstad geskiet
ATHLONE, WES-KAAP. – Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag bevestig hulle ondersoek twee sake van diefstal na ’n afleweringsvragmotor met kos in Athlone geplunder is.
In ’n video op sosiale media het meestal jong mense met kositems van ’n vragmotor af weggehardloop. Die vragmotor was Donderdag op pad om ’n aflewering by ’n supermark te maak.
‘n Polisiewoordvoerder het gesê nog niemand is in hegtenis geneem nie en die voorvalle word ondersoek.
Bronne: IOL, VN Explorer, Twitter



