Lees ook: YouTuber vra hulp met liggaam na ma doodgeskiet is in taxigeweld
KAAPSTAD:- ’n Britse dokter (40) is verlede week tydens die taxigeweld in Nyanga, Kaapstad doodgeskiet.
Dr. Kar Hao Teoh was ’n ortopeed en traumadokter wat verskeie toekennings gewen het. Hy is doodgeskiet terwyl hy, sy vrou en hulle kleuter (2) ’n verkeerde afdraai vanaf die Kaapstad- internasionale lughawe geneem en by die Nyanga- informele nedersetting ingery het. ‘n Getuie het vertel Teoh is van naby af in die kop geskiet. Sy bloed was oral op sy familie.
Die polisie het gesê hulle ondersoek sy moord.
Bronne: IOL, The Guardian, News24, Daily Mail
Lees ook: YouTuber vra hulp met liggaam na ma doodgeskiet is in taxigeweld



