Senzo Meyiwa was dood by sy aankoms by hospitaal volgens verklaring

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Senzo Meyiwa se vriend sê Kelly Khumalo se verklaring is ‘nonsens’

PRETORIA. – Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Donderdag gehoor Senzo Meyiwa was reeds dood by sy aankoms by die Botshelong-hospitaal.

Advokaat Zandile Mshololo het ’n verklaring van ’n verpleegster by die hospitaal gelees waarin daar gesê is Meyiwa het geen pols gehad toe hy by die hospitaal aangekom het nie.

Mshololo het Tumelo Madlala, Meyiwa se vriend, ondervra, aangesien hy een van diegene was wat Meyiwa na die hospitaal geneem het.

Mshololo het gevra of Madlala agtergekom het Meyiwa het nie meer ‘n pols nie en Madlala het gesê hy het nie tyd gehad om te kyk nie.

Meyiwa is in 2014 in Vosloorus doodgeskiet tydens ’n beweerde rooftog by sy meisie Kelly Khumalo se huis.

Bronne: IOL, SABC, Head Topics, The Africa

Lees ook: Senzo Meyiwa se vriend sê Kelly Khumalo se verklaring is ‘nonsens’