Kyk: Video-opname toe vragmotor kinders, waarvan twee dood is, tref

Deel hierdie storie / Share this story

WAARSKUWING! Nie vir sensitiewe lesers nie.

FiND iT het vroeër vandag berig van ‘n ongeluk waarin ‘n volgelaaide laebedvragmotor kinders tref, rol en op sy dak tot stilstand kom.

ALS Paramedics wat op die toneel was, het ‘n video-opname van 46 sekondes van die ongeluk wat op sosiale media te sien is, gedeel.

Daar kan gesien word hoe ‘n groepie kinders saam stap en die noodlottige oomblik wat die vragmotor hulle tref. Een kind wat duidelik in skok is, kon wegkom en staan in die middel van die pad na die toneel en terugkyk terwyl motoriste verbyry.

Drie persone, twee kinders en die bestuurder van die vragmotor, is in die ongeluk oorlede, terwyl nog twee kinders beseer is.

Lees die volledige berig hier onder:

KWAZULU-NATAL. – Drie persone, waaronder twee kinders, is dood toe hulle vanoggend deur ‘n laebedvragmotor in die Chattsworth-area, suid van Durban, gestamp is.

ALS Paramedics sê hulle was net na 08:00 oorval met oproepe van ‘n vragmotorongeluk in Chattsworth-hoofweg in Umhlatazana Road. Met aankoms op die toneel is paramedici deur totale chaos begroet. Dit lyk asof die bestuurder van ‘n volgelaaide laebedinsleepvragmotor op ‘n draai beheer verloor het en vier kinders wat skool toe gestap het, gestamp het. Die vragmotor het hierna gerol en op sy dak tot stilstand gekom.

Na assessering is die hulp van meer ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici aangevra. Vyf persone was in die ongeluk betrokke, waarvan drie, wat die vragmotorbestuurder en twee kinders, vermoedelik ses en nege jaar oud, insluit, op die toneel dood verklaar is. Nog’n kind, vermoedelik 10 jaar oud, is kritiek beseer en is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici behandel voordat hy deur ALS Paramedici vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is. ‘n Tweede kind het matige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer en ook deur ALS Paramedics vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend, maar word deur die polisie, wat op die toneel is, ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel