KROONSTAD. – ‘n Verdagte man (18) is Dinsdag 8 Augustus 2023 vir ontvoering en verkragting in hegtenis geneem nadat hy op heter daad betrap is toe hy na bewering ‘n driejarige verkrag.
Sers. Josephine Rani sê die polisie het ‘n klagte van verkragting by die Engen-garage naby Marabastad-seksie, ontvang. Met aankoms het hulle ‘n groep mense gevind wat ‘n kaal man aanrand. Twee tieners het die lede genader en vertel hulle het vuurmaakhout gesny en het glo ‘n kind hoor skree en uit nuuskierigheid ondersoek ingestel. Hulle het die verdagte binne ‘n dreinpyp waar hy glo besig was om ‘n kleuter te verkrag, gevind. Hulle het dadelik hulp ingeroep.
Die slagoffer is vir mediese behandeling na Boitumelo-hospitaal geneem.
Die polisie het die verdagte in hegtenis geneem waarna hy op Donderdag 10 Augustus in die Kroonstad-landdroshof verskyn het. Die saak is tot 17 Augustus vir formele borgtogaansoek uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



