WELKOM. – ‘n Beweerde baasbrein wat agter dwelmbedrywighede sit en nog twee verdagtes is Donderdag 10 Augustus 2023 vasgetrek.
Kapt. Stepen Thakeng sê die polisie het projek “Doper” gedurende 2022 geloods om dwelmsindikate wat in Odendaalsrus- en Welkom-polisiëringsareas bedrywig is, aan te spreek. ‘n Operasie het om 09:00 die oggend ‘n aanvang geneem. ‘n Totaal van 16 dwelmhandelsake en een van die besit van dwelms is teen verdagtes wat ook die “kingpin” insluit, geregistreer. Die polisie het op dwelms met ‘n geskatte straatwaarde van R320 000, twee voertuie, ‘n onbekende bedrag geld en ‘n onbekende aantal Krugerrande, beslag gelê.
Die verdagtes, twee mans onderskeidelik 34 en 42 jaar oud, en ‘n vrou is in hegtenis geneem vir klagtes van dwelmhandel en die besit van dwelms. Meer klagtes kan moontlik bygevoeg word. Hulle sal na verwagting op Maandag 14 Augustus in die Welkom-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



