OAKFORD, KWAZULU-NATAL. – ‘n Ontbinde liggaam van ‘n onbekende persoon is Woensdagmiddag 9 Augustus 2023 in ‘n digte bos langs die Sacred Heart Secondary School gevind.
Reaction Unit South Africa het omstreeks 12:56 by die skool aangekom en is na die liggaam geneem. ‘n Sekuriteitsbeampte het ‘n onaangename reuk buite die skool se pallisade geruik en die gru-ontdekking gemaak. Die digte bos waar die liggaam gevind is en die skool word slegs deur die heining geskei.
Die identiteit van die oorledene is onbekend.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



