Medelye stroom in vir geliefde fisioterapeut

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Marolien Schmidt (40) is geïdentifiseer as die slagoffer waaroor FiND iT vroeër berig het, wat in haar huis gesteek, hospitaal toe gehaas is en aan haar beserings gesterf het.

Sosiale media wemel van medelye vir hierdie geliefde fisioterapeut, wat ook volgens Lezanda Genis as die pienk fisioterapeut bekend gestaan het en ‘n groot sportentoesias, veral van die Ysterman, was.

Mariska Spoormaker het talle video’s en foto’s op die RICHMOND HilLocal Support Facebook-blad van ‘n waak wat om 19:00 by Sherlockstraat 43 plaasgevind het, gedeel.

in die video-opname kan gehoor word Spoormaker sê Sineke Schmidt het almal wat daar was bedank.

HVS Graaff- Reinet Klas van 2001 het hul skok oor die moord op Schmidt uitgespreek.

Schmidt se 40ste fotosessie was reeds vir volgende week by Tarryn Harding geboek.

Sy laat haar ma Sineke en twee broers, Casper en Jan, agter.

Lees die vorige berig deur FiND iT hier:

GQEBERHA, RICHMOND HILL. – ‘n Vrou (40) is omstreeks 01:40 op 9 Augustus 2023 in haar huis in Sherlockstraat, Gqeberha met ‘n skerp voorwerp gesteek, waarna sy gesterf het.

Kapt. Sandra Janse van Rensbug sê bure het gehoor hoe sy skree en glas wat breek, waarna onmiddellik ondersoek ingestel is en sy met steekwonde op die vloer gevind is. Sy is na ‘n hospitaal gehaas, maar het aan haar beserings gesterf. Haar identiteit word weerhou totdat sy formeel geïdentifiseer is.

Verdagtes het toegang vekry deur ‘n kantvenster wat gebreek is. Dit is nie seker wat tydens die insident uit die huis gevat is nie.

Enigiemand wat speurder AO Chris Kleynhans van inligting aangaande die moordondersoek kan voorsien, kan hom by 082 650 7564 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel