Kyk: Twee dood en een beseer in vragmotorongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Twee persone is vanoggend dood en een lig beseer in ‘n vragmotorongeluk op die Richmondpad wat by die N3-snelweg rigting Durban aansluit.

ALS Paramedics was reeds omstreeks 07:47 op die ongelukstoneel teenwoordig. Die bestuurder van die vragmotor het beheer oor die voertuig verloor en is met die vragmotor en sleepwa deur die padreling en teen ‘n wal af waar dit op sy dak tot stilstand gekom het. Daar is eers vermoed daar was slegs twee insittendes in die kajuit vasgepen.

Reddingswerkers het die insittendes uit die wrak bevry. Om 09:15 het ALS Paramedics bevestig drie insittendes was tydens die ongeluk in die kajuit, waarvan twee op die toneel deur paramedici dood verklaar is. ‘n Derde insittende het ligte beserings opgedoen en is deur nooddienspersoneel teen die wal uitgedra, waarna hy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die toneel word nog opgeruim en motoriste word versoek om die area te vermy.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel