POTCHEFSTROOM. – ‘n Baba (18 maande) is op Maandag 7 Augustus 2023 in Kromkuil in Moeka Vuma naby Makapanstad dood, waarna sy broer (24) in hegtenis geneem is.
Kapt. Sam Tselanyane sê ‘n argument het na bewering tussen die ouer broer, sy ma (39) en ouma (55) ontstaan. Die broer het glo sy ma en ouma aangerand, sy bababoetie gegryp en hom teen die vloer geslaan. Die baba is op die toneel oorlede. Die twee vroue is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Die man (24) is op die toneel deur beamptes van Moeka Vuma-polisiestasie in hegtenis geneem.
Die verdagte sal vandag Donderdag 10 Augustus 2023 in die Temba-landdroshof vir klagtes van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



