WERKSGELEENTHEID: Debiteure en verslagdoeningsklerk

Deel hierdie storie / Share this story

Wildeklawer,  gesetel in die distrik Barkly-Wes in die Noord-Kaap, is tans op soek na ‘n debiteure & verslagdoeningsklerk.

Van die suksesvolle applikant sal verwag word :

  • Debiteure:  Akkurate boekstawing en verwerking van inligting t.o.v. versending van voorraad, bemarking & verkope, asook deposito’s ontvang
  • Algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste
  • Opstel van data verslae en statistieke
  • Deurlopende verslaggewing aan bestuur
  • Ten minste graad 12, maar ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien
  • Ten minste 3 jaar toepaslike debiteure ondervinding, met rekeningkundige agtergrond
  • Vaardigheid in Microsoft Excel – moet uitstekend wees (Navision is ‘n sterk aanbeveling)
  • ‘n Emosioneel volwasse persoon, wat onder druk goed funksioneer
  • Goeie interpersoonlike vaardighede & span speler.

In ruil bied ons ‘n stimulerende werksomgewing met ‘n mededingende vergoedingspakket

Rig u CV aan: [email protected], nie later as 31 Augustus 2023. 

Indien u niks van ons gehoor het binne twee weke na die sluitingsdatum, aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.