Dagga van R1 miljoen onder vrag steenkool versteek

Deel hierdie storie / Share this story

MIDDELBURG, MPUMALANGA. – Altesaam 500 kg dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R1 miljoen is Dinsdag 8 Augustus 2023 onder ‘n vrag steenkool op ‘n vragmotor gevind.

Brig. Selvy Mohlala sê die vrag was van Eswatini op pad. Polisie het op ‘n wenk reageer en die vragmotor met die beskrywing afgetrek. ‘n Snuffelhond van Bidvest Security het met die deursoeking gehelp, waartydens ongeveer 100 sakke dagga ontdek is en die bestuurder die vrag moes aflaai.

Die bestuurder van die vragmotor is in hegtenis geneem en sal Donderdag 10 Augustus in die Middelburg-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel