Vyf in Noordwes-ongeluk dood

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf persone is vanoggend omstreeks 00:30 in ‘n noodlottige ongeluk op die R49 op die Riviera Park-brug langs die rugbystadion in die rigting van Mahikeng in Noordwes oorlede.

Oshebeng Alpheus Koonyaditse, die woordvoerder vir die LUR van gemeenskapsveiligheid en vervoer in Noordwes, sê in ‘n verklaring, ‘n sedan en ‘n ligte afleweringsvoertuig was in die ongeluk betrokke. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die twee voertuie in ‘n noordoostelike na ‘n suidwestelike (Mahikeng) rigting gereis het. Dit wil voorkom of die een voertuig die ander verbygesteek het en toe aan die bestuurderskant gebots het.

Drie persone is op die toneel dood verklaar terwyl twee in die hospitaal oorlede is. Die oorledenes sluit een van die voertuigbestuurders in, terwyl nog twee persone wat ernstig beseer is in die hospitaal opgeneem is.

Sello Lehari, die LUR van gemeenskapsveiligheid en vervoer in Noordwes, het medelye met die oorledenes se families uitgespreek en die beseerdes spoedige beterskap toegewens.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel