Ian Cameron het ‘n video wat hy ontvang het waarin ‘n sekuriteitsvoertuig aan die brand gesteek word op sosiale media gedeel.
Dit het glo op Grabouw plaasgevind.
Die waentjie wat aan die sekuriteitsvoertuig gehaak is, het honde vervoer. In die video kan gehoor word hoe die honde blaf.
Cameron het die optrede van die brandstigters as barbaars beskryf.
Indien jy meer inligting aangaande die voorval het,hoor FiND iT graag van jou.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



