Lees ook: Busdrywer geskiet, twee busse brand namate taxigeweld in Kaap versprei
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het aan die Golden Arrow-busmaatskappy ‘n interim -nterdik toegestaan om aan te gaan met hulle dienste in Kaapstad ten tyde van die taxibetogings.
Die interdik is teen die teistering en intimidasie deur taxiverenigings.
Die Suid-Afrikaanse nasionale taxiberaad in die Wes-Kaap het verlede week ‘n betoging aangekondig na die nuwe padwet, wat veroorsaak het dat verskeie taxi’s geskut is, ingestel is.
Ten spyte van die interdik is nog drie Golden Arrow-busse vanoggend aan die brand gesteek. Dit bring die aantal Golden Arrow-busse wat vanaf Donderdag in Kaapstad aan die brand gesteek is op nege te staan.
Bronne: IOL, Briefly, EWN, News24
Lees ook: Busdrywer geskiet, twee busse brand namate taxigeweld in Kaap versprei



