Verkragter van Noord-Kaap gevonnis wat beddegoed steel

Deel hierdie storie / Share this story

Joseph Tsiki (68) is op 2 Augustus 2023 deur die Hartswater-streekshof in die Noord-Kaap vir 52 jaar tronk toe gestuur vir ‘n vrou (68) se verkragting.

Sers. Timothy Sam sê die verkragter is 20 jaar vir twee klagtes van verkragting, agt jaar vir huisbraak en vier jaar vir diefstal opgelê, wat gesamentlik uitgedien sal word.

Op Maandag 22 Februarie 2021 het die slagoffer in haar huis in Sakhile in Pampierstad gelê en slaap toe die verkragter ingebreek, haar verkrag en haar beddegoed gesteel het.

Die veroordeelde beskuldigde se naam sal in die nasionale register vir seksuele misdadigers aangebring word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Lt.genl. Koliswa Otola het speurdersers. Edwin Thabapelo van Hartswater-GKS, vir die suksesvolle vonnis geprys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel