Die liggame van ‘n man (35) en sy meisie (20) is op 3 Julie 2023 omstreeks 03:30 die oggend deur ‘n sekuriteitswag in ‘n plas bloed in ‘n kamer by ‘n gastehuis in die Tseki-woonbuurt in Qwaqwa, Vrystaat, ontdek.
AO Mmako Mophiring sê die polisie versoek die gemeenskap om die skuldige wat die misdaad gepleeg het te help opspoor.
Na bewering het die sekuriteitswag wat in die wagkamer aan diens was die skote gehoor waarna hy ondersoek ingestel en die liggame ontdek het. Die polisie is omstreeks 08:30 van die voorval verwittig.
Op die toneel is een van die slagoffers met skietwonde aan die hand, arm en gesig gevind en die ander met skietwonde in die kop arm en skouer. Die oorledenes is deur die sekuriteitswag geïdentifiseer, maar nie deur hul families nie.
Die motief vir die moorde is onbekend. Die polisie se ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding in die dubbele moord kan lei, kan die Tseki-polisie by 072 264 7746 bel.
Alternatiewelik kan daar van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word of Stop Misdaad kan by 08600 10111 geskakel word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



