Lees ook: Senzo Meyiwa se vriend sê polisie het hom probeer blameer vir moord
Die verdedigingsprokureurs in die Senzo Meyiwa-moordverhoor het gesê die getuienis gegee deur Meyiwa se vriend Mthokozisi Thwala is teenstrydig met die getuienis van ‘n buurvan van Kelly Khumalo.
Thwala was een van die mense in Kelly Khumalo se huis in Vosloorus toe Meyiwa in 2014 doodgeskiet is na twee rowers glo by die huis ingekom het.
Mthobisi Mncube, Muzikawukhulelwa Sibiya, Bongani Sandiso Ntanzi, Mthokoziseni Maphisa en Sifisokuhle Nkani Ntuli word verhoor vir Meyiwa se moord. Almal het onskuldig gepleit.
Hulle prokureurs het gister Thwala se getuienis ontleed en teenstrydighede uitgewys, Hulle het gesê hy probeer sy getuienis aanpas om die storie wat hy die hof wil vertel te pas.
Adv. Charles Mnisi, vir Mncube se verdediging, het gesê Khaya Ngcatshe, een van Kelly Khumalo se bure, het getuig hy het Meyiwa alleen in die kombuis langs die gang gevind. Thwala het gesê Meyiwa is in die kombuis geskiet en is in die sitkamer gevind.
Mnisi het gesê Thwala se weergawe verskil van Ngcatshe s’n met dié dat hy gesê het Meyiwa is in die kombuis geskiet en in die sitkamer langs die bank gevind. Regter Ratha Mokgoatlheng het gesê dit maak nie saak waar Meyiwa gelê het nie; die getuienis stem saam hy is in die kombuis geskiet en in die sitkamer gevind.
Thwala het ook vir die hof gesê hy kon nie die wapen beskryf nie, maar Mnisi het gesê Thwala het vir die polisiebeampte Amanda Steenkamp gesê dit was ’n ou rewolwer. Thwala het gestry en gesê hy weet nie wat ’n rewolwer is nie en dit moet sy wees wat die woord gebruik het.
Adv. Zithulele Nxumalo, vir Maphisa, het vir Thwala gesê Meyiwa is geskiet deur iemand in die huis en daar was geen roof nie. Thwala het gestry en aangedring twee rowers het die huis binnegekom.
Die verhoor gaan voort.
Bronne: HeraldLIVE, EWN, Jacaranda FM
Lees ook: Senzo Meyiwa se vriend sê polisie het hom probeer blameer vir moord



