‘n Voertuig het gister in ‘n sloot langs ‘n pad beland nadat dit in ‘n ongeluk by Brits Mall-interseksie in Brits, Noordwes, betrokke was.
Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) is na die toneel. Met aankoms is twee voertuie gevind, waarvan die een met impak in ‘n sloot langs die pad beland het.
Drie insittendes het matige tot ernstige beserings opgedoen. Station 21 Fire and Rescue het ‘n beseerde uit ‘n wrak bevry. Al die beseerdes is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal op Birts vervoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



