Lees ook: Jacob Zuma ‘sal eers terugkom wanneer sy Russiese dokters sê hy mag’
Die voormalige president Jacob Zuma is weer terug in Suid-Afrika na hy vir weke in Rusland was vir mediese behandeling. Sy terugkeer na die land is gister aangekondig deur die Jacob Zuma-stigting. Dit is onbekend wanneer presies hy teruggekeer het.
Die organisasie het gesê Zuma bedank almal wat vir hom gebid het.
Dit is moontlik dat sy terugkeer te doen het met die hofsaak waarvoor hy môre in die Pietermaritzburg-hooggeregshof moet verskyn.
Die organisasie het niks gesê oor Zuma se paroolprobleem nie. Die konstitutisonele hof het verlede maand bevind sy mediese parool in September 2021 was onwettig en hy moet moontlik terugkeer tronk toe.
Bronne: IOL, The Citizen, Sunday World
Lees ook: Jacob Zuma ‘sal eers terugkom wanneer sy Russiese dokters sê hy mag’



