Metaangas rede vir ontploffing in Johannesburg-CBD

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Johannesburgers kla oor naarheid, hoofpyne en borspyn na ontploffing

Die stad Johannesburg het bevestig die ontploffing in die Johannesburg-CBD in Breestraat is deur metaangas veroorsaak.

Die Johannesburgse stadbestuurder Floyd Brink het bevestig metaangas was die oorsaak van die ontploffing. Hy het verduidelik die gas het van iewers onbekend af opgekom voor dit ontplof het.

Hy het gesê dit is nie deur ‘n lekkasie, nalatigheid of die Egoli Gas-pyplyn veroorsaak nie. Hy het ook gesê daar was nie opset betrokke by die die lekkasie nie.

Bronne: IOL, The Citizen, Jacaranda FM, SABC

Lees ook: Johannesburgers kla oor naarheid, hoofpyne en borspyn na ontploffing