‘n Man (45) wat na bewering ‘n baasbrein agter veediefstalle is, is Maandag 31 Julie 2023 in Victoria-Wes in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.
Sers. Timothy Sam sê die arrestasie spruit uit ‘n gesamentlike intelligensiegedrewe operasie deur die De Aar- en Beaufort-Wes-eenhede vir veediefstal en bedreigde spesies.
Die lede was met ondersoek na oorgrens-veediefstalsindikate wat tussen Beaufort-Wes en Victoria-Wes bedrywig is, besig toe hulle die verdagte, wat vir dieselfde misdaad op parool is, op heterdaad op die Kookfontein-plaas betrap het.
Die verdagte is aangehou en sal Donderdag 10 Augustus vir ‘n formele borgtogaansoek in die Victoria-Wes-landdroshof verskyn.
Maj.genl. Nomana Ntukushe, die distrikskommissaris, het die span geprys.
Ntukushe het verder gesê veediefstal bring sosiale en ekonomiese ontwrigting mee en beïnvloed die voedselvoorsieningsketting. Volgens haar veroorsaak dit ook verhoogde spanning tussen boere en omliggende gemeenskappe.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



