Opvolg: ‘n Totaal van 14 studente in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Totaal van 14 studente wat met ‘n protesaksie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein besig was, is deur die polisie in hegtenis geneem.

Lt.kol. Thabo Covane sê die studente is tussen die ouderdomme van 19 en 24 jaar.

‘n Man en vyf vroue is omstreeks 10:00 na ‘n klipgooiery op die Suid-kampus in hegtenis geneem.

Agt mans is omstreeks 17:00 by die hoofkampus in hegtenis geneem nadat ‘n gedeelte van Nelson Mandelapad geblokkeer was en die studente klippe na verbygaande motorvoertuie by die kruising gegooi het.

Sake van openbare geweld is by onderskeidelik Parkweg- en Kagisanong-polisiestasies geregistreer.

Die studente wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel