Lees ook: Vrystaat-polisie ondersoek video van stasiebevelvoerder wat glo man sleep
‘n Beïnvloeder (influencer) wat vir dekades slegs rou groente en vrugte geëet het, het glo van uithongering gesterf.
Zhanna Samsonova (39), bekend as Zhanna D’Art op sosiale media het Instagram gebruik om die voordele van ‘n rou veganistiese dieet te verkondig.
Samsonova se ma het gesê haar dogter, wat op 21 Julie in Maleisië oorlede is, is dood van ‘n choleratipe infeksie wat deur haar dieet vererger is.
Die amptelike oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie, maar haar vriende het hulle kommer oor haar dieet teenoor die plaaslike media uitgespreek.
Van haar vriende het gesê sy het geweier om mediese hulp te kry voor haar dood en was aan die bed gekluister en het gesukkel om te loop. Hulle het ook beweer sy het ses jaar laas water gedrink en het eerder vrugte- en groentesap gedrink.
Bronne: Showbizz Daily, Sky News, The Telegraph, The Independent
Lees ook: Vrystaat-polisie ondersoek video van stasiebevelvoerder wat glo man sleep



