‘n Bejaarde vrou (67) is glo op 25 Julie buite ‘n winkel op Uitenhage in die Oos-Kaap verkrag.
Women for Change berig ‘n man het haar glo voor die winkel weggeruk. Sy is glo oor die straat gepluk en verkrag.
Volgens Women for Change is die saak by die polisie aangemeld, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.



