Die polisie doen ’n beroep op die gemeenkap ná die ontdekking van ’n liggaam van ’n vroulike persoon by Hluvukani in Mhala en nog een van ’n manspersoon in Schoemansdal op 30 Julie 2023.
In Mhala het die polisie inligting van die gemeenskapslede ontvang oor ‘n liggaam van ‘n vrou tussen 20 en 30 jaar oud wat langs die IHC-kerk in Hluvukani gevind is. Die oorledene is lig van gelaat met kort hare. Sy het ‘n swart hemp en blou jeans aangehad.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat dalk ‘n vermiste familielid of inligting oor die oorledene het om speursersant Frank Masinga te kontak by 079 907 1348 of Mhala SAPD by 079 396 4587. In Schoemansdal is die polisie in kennis gestel van ‘n man se liggaam wat nie ver van Matsamo-mall af gevind is nie.



