Sibbe ongeveer 13 km van huis gestrand gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Drie kinders van ses, agt en 12 jaar oud is Dinsdagmiddag om 16:30 langs ‘n suikerrietplantasie aangetref na hulle pa glo vergeet het om hulle by die skool op te laai.

Die kinders kon nie hul presiese adres aan lede van Reaction Unit South Africa gee nie, maar het die verpleegster ingelig dat hul koshuis naby Parkgate, KZN, geleë is.

Hulle was van plan om huis toe te stap voordat dit donker word. Pogings om hul huis op te spoor, was onsuksesvol en die kinders is na Reaction Unit South Africa (Rusa) vervoer.

Reaksiebeamptes het verskeie onsuksesvolle pogings aangewend om die pa telefonies te kontak op ‘n selfoonnommer wat deur die oudste kind verskaf is.

Die kinders is wel later aan hulle ouers terugbesorg.