Kyk video’s: Getuie vertel – Boeremeisies en man van Verkeerdevlei wat ‘veediewe’ vang, self toegesluit

Deel hierdie storie / Share this story

Twee boeremeisies van Verkeerdevlei doen vandag in Brandfort-landdroshof aansoek vir borg.

Volgens Willem Petzer is die twee aangekla en sedert Sondag in aanhouding nadat hulle “veediewe vasgetrek het”.

Die boeremeisies en ‘n boer het volgens Petzer beweerde veediewe aangekeer.

Petzer sê aanvanklik is drie “vermeende veediewe” aangekeer, maar een wat glo die pa van twee jonger seuns is, het weggekom en is na die polisiestasie toe.

Volgens die video-opnames het polisielede in groot getalle opgedaag en die boere in hegtenis geneem.

Die Bittereinders is ook op Brandfort teenwoordig: “Die Bittereinders is by Brandfort. Ons sal ons vlae met trots laat wapper. Die dae van stilbly en skaam wees is verby,” het Francois van der Merwe op sosiale media geplaas.

Hy het in nog ‘n plasing genoem dat dit nie die eerste keer is wat die Smith-sussies deurloop nie en dat Janné Smith gedurende 2019 ook op hul plaas aangeval is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel