‘n Dieretuin in die ooste van China ontken bewerings dat sommige van hulle bere mense in kostuums is.
Die aantygings het begin nadat ‘ n video van ‘n Maleisiese heuningbeer wat regop staan op sy skraal agterpote op die internet die rondte gedoen het.
Die mensagtige postuur van die beer sowel as die voue op die beer se agterkant het mense laat glo dat dit eintlik ‘n mens in ‘n goedkoop kostuum is.
‘n Verklaring wat deur die dieretuin, uit die perspektief van een van hulle Maleisiese heuningbere, uitgereik is, sê dat mense nie die spesie verstaan nie.
“Ek is Angela ‘n sonbeer (Maleisiese heuningbeer) ek het gister ‘n oproep van die hoof van die dieretuin ontvang wat gevra het of ek werk gemis het en ‘n mens gekry het om my plek in te neem.”
“Kom ek herhaal aan almal dat ek ‘n Maleisiese heuningbeer is. Nie ‘n swartbeer nie, nie ‘n hond nie, ‘n Maleisiese heuningbeer.”
Talle internetgebruikers op die Chinese webtuiste, Weibo, het volgehou dat dit ‘n mens in ‘n beerkostuum was.
Dit mag dalk verregaande klink, maar in 2013 het ‘n dieretuin in die Henan-provinsie ‘n Tibettaanse Mastiff-hond as ‘n leeu aan besoekers voorgestel.
共匪🇨🇳動物園
— 少俠 (@shaoxia33139500) July 30, 2023
動物🐻都是假的
人穿黑熊套皮毛被大陸人發現
共匪邪教鍋什麼都能造假 pic.twitter.com/mOy6J51zIp