Bikers-run vir Willem Kruger

Deel hierdie storie / Share this story

Die Iron Skulls MC Bikers-klub hou op 26 Augutus van 9 tot 11 ‘n “Bikers against Farm Murders”-run vir die jong boer, Willem Kruger wat op ‘n raaiselagtige manier op 13 November ná ‘n ramparty verdwyn het.

Die 29-jarige boer se liggaam is 10 dae later in sy bakkie in die Vaalrivier gevind.

“Kan ons weer saamstaan vir hierdie seun Willem? Hy is uit die lewe geruk deur vuilspel. Sy moordenaars loop nog op vrye voet,” sê die Bikers-klub op hul Facebook-blad.

Die Bikers sal by die h.v. John Vorster- & Lenchenlaan, Centurion, bymekaarkom.

Iniden jy meer inligting oor die Bikers-run wil hê, kontak Juanette by 071 587 9789.