Baba by dagsorgsentrum sterf aan virale longinfeksie

Deel hierdie storie / Share this story

Mohammed Qiran Canterbury, die nege maande oue baba wat by ‘n dagsorgsentrum in Bonteheuwel gesterf het, se nadoodse ondersoekresultate is bekend.

Die resultaat van die nadoodse ondersoek is as ‘n skok vir die baba se ouers en familie beskryf.

Daar is bevind dat hy aan ‘n virale longninfeksie gesterf het.

McKenzie noem dat die inligting deur die baba se familie verwerk word, waarna hulle hul pad vorentoe sal oorweeg.

FiND iT het voorheen berig Angus P McKenzie, die DA-raadslid vir die gebied, het die sterfte van die baba in Junie 2023 op sosiale media gedeel. Hy het genoem dat die baba deur die dagsorgsentrumpersoneel na ‘n hospitaal geneem is, waar die kleinding gesterf het.

Hy is die oggend by die nasorgsentrum afgelaai. Die personeel het die middag onraad gemerk en hom hospitaal toe geneem waar hy dood verklaar is.

Ondersteuning aan die ouerpaar was oorweldigend en die polisie het ‘n nadoodse ondersoek geopen om die oorsaak van die baba se dood vas te stel.

McKenzie het gister op sosiale media gesê die oorsaak van die baba se dood is bekend.

Hy het genoem dat die dood van die baba fokus op die registrasiestatus van dagsorgsentrums geplaas het.

Die dagsorgsentrum wat die baba bygewoon het was nie geregistreer nie en moes laasweek hul deure sluit.

McKenzie het beklemtoon dat die sluiting van die sentrum nie in afwagting van die uitslag van die nadoodse ondersoek was nie, maar omdat hulle nie aan vereistes vir die bedryf van ‘n dagsorgsentrum voldoen het nie.

Hy het die hoop uitgespreek dat die uitslag sal vrede bring en ‘n einde sal maak aan gerugte oor die kleinding se dood.

Mckenzie het weereens medelye teenoor die familie uitgespreek.

Lees sy plasing hier:

Autopsy Results Announced

Mohammed Qiran Canterbury, the 9 month old baby that died at Linda’s Day Care in Bonteheuwel cause of death, is now known.

The death, which caused great sadness and huge shock, rocked the Bonteheuwel Community and placed a huge spotlight on the registration status of day care centre’s in the area and beyond.

Subsequently, Linda’s Day care was found not to be registered and complianent and subsequently shut its doors last week. It must be stressed that this closure was not in anticipation of the autopsy results but rather in relation to not meeting the set requirements for the operation of a daycare.

The results have come as a shock to the parents and family of Mohammed Qiran Canterbury.

The results state that the little boy died of a very extreme viral lung infection.

The family are in the process of processing this information and will assess their options going forward.

I sincerely hope that reaching this chapter in this painful series will bring a peace that surpasses all understanding and, most importantly, stops the horrible and horrendous rumors that have been associated with the pain this death has brought.

My deepest condolences continue to go out to the family during this extremely difficult time.

Ward Councillor

Angus P McKenzie l

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel