Kommentaarperiode op rookwet verleng

Deel hierdie storie / Share this story

Die Portefeuljekomitee oor Gesondheid het die sperdatum vir openbare kommentaar op die wetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels verleng.

Volgens die komiteevoorsitter, dr. Kenneth Jacobs, het hulle talle versoeke ontvang om die sperdatum te verleng.

Die aanvanklike sperdatum vir openbare kommentaar was Vrydag 4 Augustus 2023 maar dit is nou met ‘n maand tot Maandag 4 September verleng.

Die komitee sê hy verwelkom openbare insette en wil verseker dat die wetgewing die behoeftes van die sektor en Suid-Afrikaanse burgers in ag neem.

Die wet beoog om die verkoop en advertering van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels te reguleer, asook om verpakking en die voorkoms van dié produkte te bepaal. Verder sal daar strenger beheer toegepas word oor die verkoop van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels aan kinders.