Twee boeremeisies van Verkeerdevlei wat in hegtenis geneem is omdat hulle “veediewe” vasgetrek het, het borgtog gekry.
Volgens Willem Petzer, aktivis teen plaasmoorde, is die twee aangekla en was hulle sedert Sondag in aanhouding nadat hulle “veediewe vasgetrek het”.
Die boeremeisies en ‘n boer het volgens Petzer beweerde veediewe aangekeer.
Die meisies het egter vandag borgtog gekry.
“Direk nadat die dames van Verkeerdevlei vrygelaat is, het ‘n paar ‘protesteerders’ buite begin om Malema se gunstelingliedere sing. ‘n Paar van die boere het tot teen hulle gestap en hulle singery oorverdowend weggeskree…”



